Voeg by Leviticus 11:23-43

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-01 17:11:48 +02:00 committed by Gitea
parent e8bf95ba52
commit 8454d034da

22
3/11
View File

@ -17,7 +17,27 @@ en die volstruis en die sperwel en die seemeeu en die klein valk volgens sy soor
en die steenuil en die visvanger en die steunuil;
en die silweruil en die pelikaan en die aasvoël;
en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
Al die insekte met vlerke wat op al vier loop-'n gruwel is hule vir julle.
Al die insekte met vlerke wat op al vier loop-'n gruwel is hulle vir julle.
Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vier vlerke wat op al vier loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het-'n gruwel is hulle vir julle.
En hieraan verontreining julle vir julle-elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;
en elkeen wat aan hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand to onrein wees;
aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein waas.
En alles wat op kaal pote loop onder die viervoetige diere-onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die muishond en die muis en die akkedis volgens sy soorte.
en die krimvarkie en die geitjie en die klipsalamander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
Hulle is onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
En elke erdevoorwerp waar een van hulle val-alles wat daarin is, sal onrein wees en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so 'n voorwerp, van watter soort ook, gedrink word, sal onrein wees.
En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; 'n bakoond of 'n drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word-dit sal rein wees.
Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrien wees.
En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
en hy wat van dié aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is 'n gruwel-dit mag nie geëet word nie.
Alles wat op die buik seil en alles wat op al vier loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel-julle mag dit nie eet nie, want dit is 'n gruwel.
Moenie julleself 'n gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.