Voeg by Mattheüs 10:1-14

This commit is contained in:
Malachi van der Merwe 2023-03-14 18:26:06 +02:00 committed by Gitea
parent 2668972ab8
commit 87ba4124c2

14
40/10 Normal file
View File

@ -0,0 +1,14 @@
En Hy het sy twaalf disiepels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uitte dryf en om elke siekte en elk kwaal te genees.
En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;
Filippus en Bartholoéüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;
Simon Kananítes en Judas Iskariot die een wat Hom verraai het.
Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ʼn stad van Samaritane nie;
maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Maak siekes gesond, reinig melaatse, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet gekry, gee dit verniet.
Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie-
geen knapsak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ʼn stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd.
En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek.
En as julle die huis ingaan, groet dit;
en as die huis waardig is, laat julle vrede deerop kom maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.
En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.