Voeg by Psalms 43:1-5

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-03-23 17:16:46 +02:00 committed by Gitea
parent 5f36d3509c
commit 97644a9b39

5
19/43 Normal file
View File

@ -0,0 +1,5 @@
Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen ʼn onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!
Want U is die God van my toevlug; waarom verstoot U my dan? Waarom moet ek rondgaan in rougewaad deur die vyhand se verdrukking?
Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,
dat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God van my jubelende blydskap en U kan loof met die siter, o God, my God!
Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof - die verlossing van my aangesig en my God!