Voeg by Exodus 30:7-16

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-30 12:29:04 +02:00
parent e5a82d7af3
commit f3924c5342
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8

11
2/30
View File

@ -4,4 +4,13 @@ En jy moet dit met suiwer goud oortek: die plaat en die sykante en die horings.
Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die kraans aan weerskante; jy moet dit aan die twee sykante maak. En julle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek.
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
En Aäron moet eenmaal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy eenmaal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word; sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halwe sikkel van die heiligdom-die sikkel is twintig gera-'n halwe sikkel as offergawe aan die HERE.
Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee.
Die ryke moet nie meer en die arme nie moet nie minder as 'n halwe sikkel bring nie as hulle die offergawe van die HERE gee om vir hulle siele versoening te doen.
Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van saamekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir hulle siele versoening te doen.