Compare commits

...

11 Commits

Author SHA1 Message Date
cf703aa6a1 Voeg by Psalms 51:1-21 2023-06-15 19:44:11 +00:00
3fb9988499 Voeg by Númeri 18:1-32 2023-05-29 16:11:47 +00:00
be56585f05
Voeg by Johannes 3:1-5:47 2023-05-20 21:59:29 +02:00
a2c22817bb
Voeg by Johannes 2:13-25 2023-05-16 08:43:15 +02:00
d832ca82ec
Voeg by Johannes 2:1-12 2023-05-15 18:04:25 +02:00
a7d43fa033
Voeg by Johannes 1:1-52 2023-05-11 18:51:48 +02:00
5691988d26 Voeg by Psalms 50:1-23 2023-04-26 23:56:03 +00:00
cc0b3ac08f Voeg by Psalms 49:8-21 2023-04-26 23:55:54 +00:00
3c0bb4f0c8 Voeg by Psalms 49:1-7 2023-04-26 23:55:54 +00:00
04ae0e477c Voeg by Psalms 48:1-15 2023-04-22 13:40:44 +00:00
33cb5173ec Korreksie Exodus 33:1-23
Wysig - spelfout (Isaak) na (Isak) in vers 1
Wysig - spelfout (uitgebring) na (opgebring) in vers 1
Wysig - spelfout (hulle-self) na (hulleself) in vers 6
Wysig - spelfout (hulle) na (hul) in vers 6
Wysig - spelfout (homself) na (hom) in vers 7
Wysig - verwyder 2 woorde (vir homself) tussen (laer) en (opgeslaan) in vers 7
Wysig - spelfout (buite) na (buitekant) in vers 7
Wysig - spelfout (ingaan) na (ingang) in vers 8
Wysig - kleinletter (hy) na hoofletter (Hy) in vers 9
Wysig - voeg in 1 woord (van) tussen (Moses) en (aangesig) in vers 11
Wysig - hoofletter (Ek) na kleinletter (ek) in vers 13
Wysig - kleinletter (hy) na hoofletter (Hy) in vers 14
Wysig - kleinletter (u) na hoofletter (U) in vers 16
Wysig - hoofletter (My) na kleinletter (my) in vers 17
Wysig - hoofletter (My) na kleinletter (my) in vers 19
Wysig - hoofletter (Maar) na kleinletter (maar) in vers 19
Wysig - spelfout (onferm) na (ontferm) in vers 19
Wysig - kleinletter (hy) na hoofletter (Hy) in vers 20
Wysig - spelfout (aangsieg) na (aangesig) in vers 20
Wysig - spelfout (verby gaan) na (verbygaan) in vers 22
Wysig - voeg in ʼn (komma) na (verbygaan) in vers 22
Wysig - hoofletter (My) na kleinletter (my) in vers 22
Wysig - spelfout (bedek) met (oordek) in vers 22
Wysig - verwyder die nommer 24 onder aan die hoofstuk
2023-04-20 11:28:28 +00:00
11 changed files with 340 additions and 14 deletions

15
19/48 Normal file
View File

@ -0,0 +1,15 @@
ʼn Lied. ʼn Psalm van die kinders van Korag.
Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg van Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ʼn rotsvesting.
Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame oorgetrek.
Skaars het hulle dit gesien of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos vir een wat baar.
Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel!
Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig om u oordele ontwil.
Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.

21
19/49 Normal file
View File

@ -0,0 +1,21 @@
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ʼn Psalm.
Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!
My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstant.
Ek sal my oor neig tot ʼn spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring -
die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?
Niemand kan ooit ʼn broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie
(want die losprys van hulle siel is te kosbaar en vir ewig ontoereikend!),
dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.
Want hy sien: Wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.
Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van gesalg tot geslag; hulle noem die lande na hul name.
Maar die mens wat in aansien is, het geen bestand nie; hy is soos die diere wat vergaan.
Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou en van hulle volgelinge wat in hulle woorde ʼn behae het. Sela.
Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.
Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.
Wees nie bevrees as ʼn man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
Al ag hy homself gelukkig in sy lewe - en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen -
tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig sien nie.
Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

23
19/50 Normal file
View File

@ -0,0 +1,23 @@
ʼn Psalm van Asaf. God, ja God, die HERE spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
Hy roep na die hemel daarbo en na die aarde om sy volk te oordeel.
Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer maak!
En - die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek dit jou kan inskerp: Ek is God, jou God!
Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;
want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op duisend berge.
Ek ken al die voëls van die berge, en die diere van die veld is by My.
As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
en roep My aam in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
Maar vir die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond -
terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
As jy ʼn dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.
Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.
Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.
Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee - hom sal Ek die heil van God laat geniet.

21
19/51 Normal file
View File

@ -0,0 +1,21 @@
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid,
toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.
Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartighede.
Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Kyk, U het ʼn welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U wysheid aan my bekend.
Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
Skep vir my rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ʼn vaste gees.
Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ʼn gees van vrymoedigheid.
Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.
Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjuibel.
Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.
Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in die brandoffer het U geen behae nie.
Die offers van God is ʼn gebroke gees; ʼn gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!
Doen goed aan Sion na welbehae; bou die mure van Jerusalem op.
Dan sal U ʼn welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hul stiere offer op u altaar.

28
2/33
View File

@ -1,23 +1,23 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland uitgebring het, na die land wat Ek met ʼn eed aan Abraham, Isaak en Jakob beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland opgebring het, na die land wat Ek met ʼn eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;
en Ek sal ʼn engel voor jou uit stuur-en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe-
na ʼn land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal onder julle nie optrek nie, omdat julle ʼn hardnekkige volk is; anders sal Ek julle op die weg verteer.
Toe die volk hierdie onheilspellende woord hoor, het hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê vir die kinders van Israel: Julle is ʼn hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik onder julle optrek, sou Ek julle vernietig. Maar haal nou julle versiersels van julle af, dan sal Ek weet wat Ek met julle moet doen.
Toe het die kinders van Israel hulle-self beroof van hulle versiersels, van die berg Horeb af.
En Moses het elke keer ʼn tent geneem en dit vir homself buitekant die laer vir homself opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buite die laer was.
En as Moses uitgaan na die tent, dan staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingaan van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek hy met Moses.
Toe het die kinders van Israel hulleself beroof van hul versiersels, van die berg Horeb af.
En Moses het elke keer ʼn tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
En as Moses uitgaan na die tent, dan staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het.
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.
En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, dan staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent.
Dan spreek die HERE met Moses aangesig tot aangesig soos ʼn man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ʼn jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.
Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ʼn man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, ʼn jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.
Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel vir my: Bring hierdie volk op, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.
As Ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
En hy aantwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
En Hy aantwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat u met ons meetrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
Toe sê die HERE vir Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in My oë, en Ek ken jou by die naam.
Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons meetrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
Toe sê die HERE vir Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam.
Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien.
Maar Hy aantword: Ek sal al My majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; Maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My onferm oor wie Ek My wil ontferm.
Verder het hy gesê: Jy kan my aangsieg nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.
Maar Hy aantword: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.
Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is ʼn plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.
En as my heerlikheid verby gaan sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met My hand bedek todat Ek verbygegaan het.
En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.
En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek todat Ek verbygegaan het.
En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

32
4/18 Normal file
View File

@ -0,0 +1,32 @@
En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vaders saam met jou moet die tekortkominge met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die tekortkominge met betrekking tot julle in die priesteramp dra.
En laar ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou naderkom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.
En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag julle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.
Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en ʼn inbevoegde mag nie na julle toe aankom nie.
En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.
Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as ʼn geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
Maar jy en jou seuns met jou moet julle priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en wat binnekant die voorhangsel is, en julle moet daar diens verrig.
Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self he tjou die diens van my offergawes gegee; wat aanbetref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel, en aan jou seuns as iets wat julle vir ewig toekom.
Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet die joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skludoffer van hulle, wat hulle My bring-as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
In ʼn hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
Dit moet ook joue wees as offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as iets wat jou vir ewig toekom. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerstelinge daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Alles wat on die die ban is in Israel, moet joue wees.
Alles wat die moederskoot open-alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere-moet joue wees; maar die ersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
En wat hulle loskoping aangaan, ʼn kind van ʼn maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir ʼn geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.
Maar die eersgeborene van ʼn koei of die eersgeborene van ʼn skaap of die eersgeborene van ʼn bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ʼn vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En hulle vleis moet joue wees; soos die beweegbors en die regterboud moet dit joue wees.
Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee EK aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as iets wat julle vir ewig toekom. Dit is ʼn ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy en jou seuns sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
En die kinders van Israel moet nie meer naderkom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai, sodat hulle sterwe nie.
Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra-ʼn ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as eerfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Jy moet ook met die Leviete spreek en vir hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, dan moet julle daarvan ʼn offergawe aan die HERE afgee, ʼn tiende van die tiende.
En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
Sό moet julle ook ʼn offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
Van al julle gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvna afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huiesgesin; want dit is vir julle ʼn loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
En julle sal terwille daarvan geen sonde op hulle laai as hulle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie onthelig nie, sodat julle nie sterwe nie.

52
43/1 Normal file
View File

@ -0,0 +1,52 @@
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Hy was in die begin by God.
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding onstaan wat onstaan het nie.
In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
Hy het tott 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo.
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom onstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie,
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon - en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom - vol van genade en waarheid.
Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het; Hy wat ná my kom, is my voor, want Hy was eerder as ek.
En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja genade op genade.
Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, Diè het Hom verklaar.
En dit is die getuienis van Johannes toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? - dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
Hy sê: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet gesê het.
En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.
En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?
Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie -
dit is Hy wat ná my kom, wat my voor is, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat my voor is, omdat Hy eerder was as ek.
En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees sien neerdaal soos 'n duif uit die hemel, en Hy het op Hom gebly.
En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het vir my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy water doop met die Heilige Gees.
En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.
Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;
en toe hy Jesus aankyk terwyl Hy daar loop, sê hy: Dáár is die Lam van God!
En twee van sy dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.
En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:
Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi - dit wil sê, as dit vertaal word, Meester - waar is U tuis!
Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gekom en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent vieruur,
Andréas. die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.
Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messias gevind - dit is, as dit vertaal word, die Chritstus.
En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Sefas, wat vertaal word Petrus.
Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het na Filippus gekyk en vir hom gesê: Volg My.
En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.
Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wetzz geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.
En Natánael sê: Kan daar uit Násaret itets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.
Daarop sien Jesus Natánael na toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.
Natánael antwoord en sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.
Nátanael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!
Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy, omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

25
43/2 Normal file
View File

@ -0,0 +1,25 @@
En op die derde dag was daar 'n bruilof op Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.
En Jesus was ook genooi, en sy disiepels, na die bruilof.
En toe daar wyn kort kom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
Jesus sê vir haar: Vrou, wat het ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.
Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipwaterkanne gestaan wat elkeen twee of drie ankers hou.
Jesus sê vir hulle: Maak die waterkanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
En Hy sê vir hulle: Skep nou uit en bring dit voor die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het-en hy nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet-roep die hoofdienaar die bruidegom
en sê vit hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
Hierdie eerste van sy tekens het Jesus op Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy disiepels het in Hom geglo.
Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy disiepels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop en die geldwisselaars wat daar sit.
En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uigedrywe, ook die skape en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
En sy disiepels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter tekens wys U vir ons, dat U hierdie dinge doen?
Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.
En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.
En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy disiepels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.

36
43/3 Normal file
View File

@ -0,0 +1,36 @@
En daar was 'n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus , 'n owerste van die Jode.
Hy het in die na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U 'n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met Hom is nie.
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tof nie 'n twede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle weer gebore word nie.
Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom eb waarnatoe hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
Nikodémus antwoord en sê vir hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?
Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is 'n leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons gee getuienis van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.
As Ek van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
En soos Moses die slang in die woestyn verhoog word,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te oordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Hy wat in Hom glo, word nie geoordeel nie; maat hy wat nie glo nie, is alreeds geoordeel, omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf kan word nie.
Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
Hierna het Jesus en sy disiepels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.
En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
Want Johannes was nog nie in die gevangenis gewerp nie.
Daar het toe van die kant van die disiepels van Johannes 'n redenasie ontstaan met die Jode oor die reiniging.
En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
Johannes antwoord en sê: 'n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
Julle is self my getuie dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uit gestuur is.
Die een wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.
Hy moet meer word, maar ek minder.
Hy wat van bo kom, is bo almal; hy wat uit die aarde is, is uit die aarde en praat uit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is bo almal.
En wat Hy gesien en gehoor het, die getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.
Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waar is.
Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.

54
43/4 Normal file
View File

@ -0,0 +1,54 @@
Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer disiepels maak en doop as Johannes-
alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy disiepels-
het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan.
En Hy moes deur Samaría gaan.
Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.
En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur.
Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir my water om te drink-
want sy disiepels het na die stad gegaan om voedsel te koop.
En die Samritaanse vrou sê vir Hom: Hoe is dit sat U wat 'n Jood is, van my vra om te drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die Samaritane nie.
Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en wis wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
U is tog nie groter as ons vader Jakob nie wat vir ons die put gegee het en self daaruit gedrink het en sy seuns en sy vee?
Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.
Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie;
want jy het het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.
Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is.
Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.
Jesus sê vir haar: Vrou, glo My daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sak aanbid nie.
Julle aanbid wat julle nie weer nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
Daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook sulke mense wat Hom aanbid.
God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom- Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.
Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
En op dié oomblik het sy disiepels gekom en hulle verwonder dat Hy met 'n vrou in gesprek was. Tog het niemand gesê: Wat verlang U nie? of: Waarom spreek U met haar nie?
Die vrou het toe haar waterkan laat staan en na die stad gegaan en vir die mense gesê:
Kom kyk 'n man wat my vertel het alles wat ek gedoen het, Is Hy nie miskien die Christus nie?
Hulle het toe uit die stad gegaan en na Hom gekom.
En intussen het sy disiepels Hom dringend gevra en gesê: Rabbi, eet.
Maar Hy sê vir hulle: Ek het voedsel om te eet waar julle nie van weet nie.
Die disiepels sê toe vir mekaar: Het iemand dan vir Hom ete gebring?
Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en sy werk te volbring.
Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes.
En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees.
Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander een wat maai.
Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
En baie van die Samaritane uit daardie stad het in Hom geglo oor die woord van die vrou wat getuig het: Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.
Toe die Samaritane dan by Hom kom, vra hulle Hom dringend om by hulle te bly; en Hy het daar twee dae gebly.
En baie meer het op grond van sy woord geglo
en vir die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat hy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons het weet dat Hy waarlik die Christus, die Verlosser van die wêreld, is.
En ná die twee dae het Hy daarvandaan weggegaan en na Galiléa vertrek.
Want Jesus self het getuig dat 'n profeet in sy eie vaderland nie eer het nie.
Toe Hy dan in Galiléa kom, het die Galiléërs Hom ontvang, omdat hulle alles gesien het wat Hy in Jerusalem op die fees gedoen het; want hulle het ook na die fees gegaan.
Jesus het dan weer gekom op Kana in Galiléa waat Hy die water wyn hemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaum siek was.
Toe hy hoor dat Jesus uit Judéa in Galiléa gekom het, gaan hy na Hom en vra Hom om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het op sterwe gelê.
Jesus sê toe vir hom: As hulle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie.
Die koninklike beampte sê vir Hom: Here, kom af voordat my king sterwe.
Jesus antwoord hom: Gaan, jou seun lewe! En die man het die woord geglo wat Jesus vir hom gesê het, en ny het gegaan.
En alreeds terwyl hy op pad was huis toe, kom sy skawe hom tegemoet en bring die berig en sê: U kind lewe!
Hy verneem toe van hulle die uur waarop hy beter geword het. En hulle sê vir hom vir hom: Gister om eenuur het die koors verlaat.
Die vader merk toe dat dit op daardie uur was waarop Jesus vir hom gesê het: Jou kind lewe! En hy self geglo en sy eie huis.
Hierdie twede teken weer het Jesus gedoen toe Hy uit Judéa in Galiléa gekom het.

47
43/5 Normal file
View File

@ -0,0 +1,47 @@
Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan an Jerusalem.
En daar is in Jerusalem by die Skaappoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Betésda genoem word.
Daarin het 'n groot menigte van siekes gelê: blindes en kreupeles en lammes wat vir die roering van die water gewag het.
Want 'n engel het op bepaalde tye neergedaal in die bad en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
En 'n sekere man was daar wat agt em dertig jaar aan sy siekte gely het.
Toe Jesus hom sien lê terwyl Hy wis dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?
Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
Jesus sê vir hom: Staan op, neem hou bed op en loop.
En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem, en geloop, En daardie dag was dit sabbat.
Die Jode sê toe vir hom wat genees was: Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.
Hy antwoord hulle: Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.
Toe vra hulle hom: Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?
Maar hy wat gesond geword het, wis nie wie dit was nie; want Jesus het Hom verwyder, omdat daar 'n skare was op die plek.
Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesong gemaak het.
En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdt Hy dit op die sabbat gedoen het.
En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.
Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, en Hom aan God gelyk gemaak het.
Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.
Want die Vader het die Seun lief en toon Hom alles wat Hy self doen. En groter werke as hierdie sal Hy Hom toon, sodat julle verwonderd kan wees.
Want soos die Vader die dode opgewek en lewendig maak, so maak ook die Seun lewendig wie Hy wil.
Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee,
sodat almal die Seun mag eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle wir my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.
Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.
En Hy het Hom mag gegee om ook die oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is.
Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
en sal uitgaan-die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.
As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.
Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.
Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.
Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle kan gered word.
Hy was die lamp wat brand en skyn, en julle was gewillig om jul vir 'n tyd in sy lig te verbly.
Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.
En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.
En julle het nie sy woord as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie geglo nie.
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie.
Eer neem Ek van die mense nie aan nie.
Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.
Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 'n ander een in sy eie naam kom, hόm sal julle aanneem.
Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, nie soek nie?
Moenie dink dat Ek julle sal beskuldig by die Vader nie. Daar is een wat julle beskuldig-Moses op wie julle gehoop het.
Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe.
En as julle sy skrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?