Afrikaans-1933/40/6

35 lines
4.2 KiB
Plaintext

Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ʼn trompet voor jou blaas soos bie geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense kan geëer wourd nie. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon wag.
Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet jou rwgterhand doen nie,
sodat jou liefdadigheid in die verborge kan wees; en jou Vader wat in die verborge sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
En wanneer jy bid moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinegoges en op die hoeke van die strate te staan en bid om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het.
Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou biuuekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborge is; en jou Vader wat in die verborge sien, sal jou in die openbaar vergelde.
En as julle bid, gebruik nie ʼn ydel herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Sό moet julle dan bud; Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word,
laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.
Gee ons vandag ons deeglikse boot,
en vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie, maar verios ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid totin ewigheid. Amen.
Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
Maar as jalle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortedinge ook nie vergewe nie.
En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense kan gesien word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle het hul loon weg.
Maar jy, as jy vas, self jou hoof en was jou gesig,
sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborg is; en jou in Vader wat in die verborg sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Die lamp van die liggaam isdie oog. As jou oog dan reg is, sal jou heie liggaam verlig wees.
Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou dan donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
Niemand kan twee here dien nie; want όf hy sal die een haat en die ander liefhê, όf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en ook Mammon dien nie!
Daarom Sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe-wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam-wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie maar as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
Kyk na die voëls van die hemel: hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hille nie?
Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by lengte byvoeg?
En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei: hulle ardei nie en hulle spin nie;
en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie dekleed was soos een van hulle nie.
As Got dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ʼn oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle kleingelowiges?
Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.