Voeg by Genesis 48:7-11

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2023-08-01 21:02:57 +02:00
parent dabc6534a6
commit 6dd0493d9f
Signed by: Hannah
GPG Key ID: 9CB1EF9F164C66A9

5
1/48
View File

@ -4,3 +4,8 @@ En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in
en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ʼn menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.
Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon.
Maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwerk het, sal joue wees. Dié sal na die naam van hulle broers genoem word in die se erfdeel.
En toe ek by Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog ʼn kort end pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe aan die pad na Efrat, dit is Betlehem.
Toe Israel die seuns van Josef sien, vra hy: Wie is dit?
En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het.
En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën.
Maar Israel se oë was swaar van ouderdom, hy kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle omhels.