Voeg by Levitikus 22:17-23

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-30 14:00:43 +02:00 committed by Gitea
parent 4ca65a5a83
commit 536d67fe2c

7
3/22
View File

@ -14,3 +14,10 @@ Maar as die dogter van 'n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos
En as iemand by ongeluk iets eet wat heilig is, dan moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg en sό wat heilig is, aan die priester teruggee.
So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig
en op húlle geen strafbare skuld laai nie deurdat húlle die heilige gawes eet; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel wat sy offer bring-volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle wat hulle aan die HERE as brandoffer bring-
moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: 'n dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.
Julle mag nie iets bring waar 'n liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie welgevallig maak nie.
EN as iemand 'n dankoffer aan die HERE offer deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan maak; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurftes of uitslag-dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar neersit nie.
Maar 'n bees of 'n stuk kleinvee waar van 'n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer klaar maak; maar as gelofte=offer dal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.