Afrikaans-1933/4/5

19 lines
2.6 KiB
Plaintext

En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan die kinders van Israel, dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse en almal wat ʼn vloeiing het en almal wat deur ʼn lyk onrein is.
Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek onder hulle woon nie.
En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreke het, so het die kinders van Israel gedoen.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel: As ʼn man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié siel skuldig word,
dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat skuldig is, tenvolle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet die aan dié gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.
Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, dan behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.
En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees.
En elkeen se heilige gawes-dit moet syne wees; wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand se vrou afwyk en ʼn troubreek teen hom begaan,
en ʼn man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie-hoewel sy haar verontreinig het-terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;
en daar kom ʼn gees van jaloersheid oor hom, sodathy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het-terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;
dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ʼn tiende van ʼn efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook dar byvoeg nie, omdat dit ʼn spysoffer van jaloersheid is, ʼn gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.
En die priester moet haar laat naderkom en haar stel voor die aangesig van die HERE.
En die preister moet heilige water in ʼn erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.
Daarna moe tdie priester die vrou voor die aangesig vna die HERE stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit-ʼn spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smaak wat die vloek bring.