Afrikaans-1933/19/11

8 lines
739 B
Plaintext
Raw Normal View History

2022-10-26 10:03:13 +00:00
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berge soos ʼn voël!
2022-06-25 12:14:14 +00:00
Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart.
2022-07-01 16:58:25 +00:00
As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
2022-10-26 10:03:13 +00:00
Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reen; en ʼn gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.
2022-07-01 16:58:25 +00:00
Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.