Voeg by Psalms 48:1-15

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2023-04-21 17:42:03 +02:00 committed by Llewellyn
parent 33cb5173ec
commit 04ae0e477c
1 changed files with 15 additions and 0 deletions

15
19/48 Normal file
View File

@ -0,0 +1,15 @@
ʼn Lied. ʼn Psalm van die kinders van Korag.
Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!
Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg van Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
God het Hom in sy paleise bekend gemaak as ʼn rotsvesting.
Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame oorgetrek.
Skaars het hulle dit gesien of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos vir een wat baar.
Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis.
Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel!
Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig om u oordele ontwil.
Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings;
let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel,
dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.