Voeg by Psalms 19:1-7

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-08-23 19:01:34 +02:00 committed by Gitea
parent 78a03eace0
commit 09a3bf795c

7
19/19 Normal file
View File

@ -0,0 +1,7 @@
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid.
Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
Die een dag stort vir die ander ʼn boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
daar is geen spraak en daar is geen woorde nie - onhoorbaar is hulle stem.
Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ʼn tent gemaak.
en hy is soos ʼn bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ʼn held om die pad te loop.
Sy uitgang is van die einde van die hemel af en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.