Voeg by Levitikus 23:36-44

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-08-20 11:19:05 +02:00 committed by Gitea
parent 3fa0b100d6
commit 0c64f8a097

11
3/23
View File

@ -32,4 +32,13 @@ Julle mag geen werk doen nie; dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al
'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende dag van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewnede maand is dit sewe dae lank die huttfees vir die HERE.
OP die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.
Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agste dag moet daarvir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
Dit is die feestye van die HERE wat julle uitroep as heilige samekomste om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe.
behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe al julle gelofte-offers en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.
Maar op die vyftiende dag van die sewende maand as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agste dag is dit rusdag.
En op die eerste dag moet vir julle vrugte van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers neem, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.
En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae lank vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
Sewe dae lank moet julle in hutte woon; al die kinders van die land in Israel moet in hutte woon,
sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulel uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
So het Myoses dan die feestye van die kinders van Israel aangekondig.