Voeg by Leviticus 14:33-44

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-15 16:30:17 +02:00 committed by Gitea
parent 119b0df851
commit 32eb7769b7

12
3/14
View File

@ -30,3 +30,15 @@ Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die
Dan moet hy een van die tortelduiwe klaarmaak of van die jong duiwe wat hy kan bekostig-
wat hy kan bekostig, die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging nie vermoënd is nie.
Verder het die HERE met MOses en Aäron gespreek en gesê:
As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huid van die land van julle besitting laat kom,
dan moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne geen en sê: Dit lyk my of daar 'n plaag in die huis is.
En die priester moe bevel gee dat hulle die huis ontruim voordat die priester die plaag hom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.
As die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk was die muur,
dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huise sewe dae lank toesluit.
Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan die plaag aan die mure van die huis versprei het,
dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op 'n onrein plek gooi.
En die huis moet hulle binnekant rondom afgekrap het, buitekant die stad op 'n onrein plek weggooi.
Dan moe thulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.
Maar as die plaag weer in die huis iutbrek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en die gepleister is,
dan moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit 'n kwaadaardige melaatsheid in die huis dit is onrein.