Voeg by Leviticus 13:26-49

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-14 17:31:38 +02:00 committed by Gitea
parent 53139f837f
commit 3b9f61846f

24
3/13
View File

@ -23,3 +23,27 @@ En as dit werklik in die vel versprei, dan moet die priester hom onrein verklaar
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het ni, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
Of as in die vlees, in sy vel 'n brandplek van vuur is en die nuwe vlees van die brandplek 'n rooierige wit of wit vlek is;
en die priester dit bekyk en sien dat die hare op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
maar as die preister dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is die plaag van melaatsheid.
Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Verder, as daar by 'n man of vrou 'n aangetaste plek aan die hoof of in die baard is,
en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard.
Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,
dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog 'n keer sewe dae lank opsluit.
Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.
Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,
en die priester dit bekyk en sien dat die skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te soek nie; hy is onrein.
Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde geblyen swaart hare daarop geroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.
Verder as 'n man of vrou in die vel van hulle vlees ligte vlekke, wit vlekke het,
en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit die gewone uitslag van die vel uitgebreek het; hy is rein.
En as 'n man se hoof kaal word, dan is hy kaalkop; hy is rein.
En as sy hoof aan die voorkant kaal word, dan het hy 'n bles; hy is rein.
Maar as daar in die kaalte of in die bles 'n rooierige wit plek is, dan is die melaatsheid wat uitbreek in die kaalte van die bles.
As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,
dan is hy 'n melaatse, hy is onrein; die priester moet hom sekerlik onrein verklaar; op sy hoof het hy die plaag
Verder moet die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein!
Al die tyd wat die plaag op hom is sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees.
Verder as daar 'n kledingstuk die plaag van melaatsheid is, in 'n kledingstuk van wol of linne;
of in die skeerdraad of die inslag van linne of wol, of in 'n vel of enige leerwerk;
en die aangetaste plek in die kledingstuk of in die vel of in die skeerdraa of in die inslag of in enige leer-voorwerpe lig-groen of rooierig is, dan is dit 'n plaag van melaatsheid, en dit moet vir die priester gewys word.