Voeg by Levitikus 22:2-16

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-30 10:45:44 +02:00 committed by Gitea
parent eea2986c6e
commit 4ca65a5a83

15
3/22
View File

@ -1 +1,16 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns, dat hulle versigtig moet wees met die heilig gawes van die kinders van Israel-wat hulle aan my heilig-sodat hulle My heilig naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomeling na die heilige gawes aan kom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgereoei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag van die heilig gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat iemand raak wat deur 'n lyk onrein is; of van wie 'n saadvloeiing uitgaan;
of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak waardeur hy onrein word, of aan 'n mens deur wie hy onrein word tengevolge van watter onreinheid ook-
die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die hielige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.
Maar as die son onder is, dan sal hy rein wees, en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur onrein word nie. Ek is die HERE.
Hulle moet dan My ordeninge onderhou, dat hulle ween s die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n huurling mag nie eet wat heilig is nie.
Maar as 'n priester iemand vir sy geld koop, dan mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; húlle mag van sy voedsel eet.
Maar as die dogter van 'n priester aan 'n onbevoegde behoort, dan mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.
Maar as die dogter van 'n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maat geen onbevoegde mag daarvan eet nie.
En as iemand by ongeluk iets eet wat heilig is, dan moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg en sό wat heilig is, aan die priester teruggee.
So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig
en op húlle geen strafbare skuld laai nie deurdat húlle die heilige gawes eet; want Ek is die HERE wat hulle heilig.