Voeg by Númeri 2:18-34

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-10-06 17:02:56 +02:00 committed by Gitea
parent 2ea67981e7
commit 61c244eb07

17
4/2
View File

@ -15,3 +15,20 @@ Verder die stam van Gad; en Éljasaf die seun van Réhuel, moet owerste oor die
En sy leër met hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig.
Al die geteldes van die laer van Ruben was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet twede opbreek.
Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslan so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.
Die vaandel van die leër van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die wesekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste van die seuns van Efraim wees.
En sy leër met hulle geteldes was veertig duisend vyf honderd.
En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.
En sy leër met hulle geteldes was twee en dertig duisend twee honderd.
Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideόni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.
En sy leër met hulle geteldes was vyf en dertig duisend vier honderd.
Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd en agt duisend een honderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek.
Die vaandel van die laer van Dan moe taan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings; en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
En sy leër met hulle geteldes was twee en sestig duisend sewe honderd.
En wat langs hom laer opslaan, moet wees die seuns van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.
En sy leër met hulle geteldes was een en veertig duisend vyf honderd.
Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.
En sy leër met hulle geteldes was drie en vyftig duisend vier honderd.
En al die geteldes in die laer van Dan was honderd sewe-en-vyftig duisend ses honderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.
Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle famielies. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.
Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos die HERE Moses beveel het.
En die kinders van israel het gedone net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreeek elkeen olgens sy geslagte, by sy famielies.