Voeg by Leviticus 15:24-33

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-16 12:11:42 +02:00 committed by Gitea
parent e876994909
commit 85f701160b

10
3/15
View File

@ -21,3 +21,13 @@ En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op
En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein.
En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein;
en as dit op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.
En as 'n man met haar gemeenskap het, sodat haar onreinheid op hom kom, dan sal hy sewe dae lank onrein wees; en elke bed waar hy op lê, sal onrein wees.
En as 'n vrou lank 'n bloedvloeiing het, buiten die tyd van haar onreinheid, of as sy vloei oor die tyd van haar onreinheid, dan moet sy gedurende al die dae van haar onriene vloeiing wees soos in die dae van haar maandlikse onreinheid; sy is onrein.
En elke bed waaar sy gedurende al die dae van haar vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar maandelikse onreinheid wees; en alles waar sy op sit, sal net so onrein wees soos in die dae van haar maandlikse onreinheid; sy is onrein.
En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees: dié een moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein.
Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, dan moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
En op die agste dag moet sy vir haar twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dit by die ingang van die tent van samekoms na priester bring.
Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer klaarmaak; en die priester moet vanweé haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.
So moet julle dan die kinders van Israel van hulle onreinheid afsonder, dat hulle nie deur hulle onreinheid sterwe nie-deurdat hulle my tabernakel wat onder hulle is, verontreinig.
Dit is die wet van hom wat 'n vloeiing het en vir hom van wie 'n saadvloeiing uitgaan, sodat hy daardeur onrein word.
en vir die vrou wat deur haar onreinheid onwel is, en vir die een wat aan 'n vloeiing ly, man of vrou, en vir 'n man wat met 'n onrein vrou gemeenskap het.