Voeg by Levitikus 21:1-24

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-30 10:18:09 +02:00 committed by Gitea
parent 8c6ee7e51b
commit 877677c10c

24
3/21 Normal file
View File

@ -0,0 +1,24 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;
en sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort nie-aan haar mag hy hom nie verontreinig.
Hy mag hom as gtroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie onteilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spyse van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer is of wat ontheilig is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spyse van jou God offer,Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die slaf-olie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak.
En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salf-olie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
En hy moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem.
'n Weduwee of een wat verstoot is of een wat ontheilig is, of 'n hoer-sulkes moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag naderkom om die spyse van sy God te offer nie.
Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag naderkom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaam deel te lank is,
Of iemand wat 'n been of 'n arm bebreek het,
of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of 'n gebreklike skaamdeel.
Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie 'n liggaamgebrek is, mag naderkom om vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie naderkom om die spyse van sy God te offer nie.
Wat die spyse van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;
maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie naderkom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is; dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat dit heilig.
En Moses het die gesê aan Aäron en sy seuns en aan al die kinders van Israel.