Voeg by Psalms 29:1-11

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-09-09 17:19:32 +02:00
parent 1b7f2b533b
commit 96de4f5c37
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 13A7F6AB592EC5DA
1 changed files with 11 additions and 0 deletions

11
19/29 Normal file
View File

@ -0,0 +1,11 @@
ʼn Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o seuns van God, gee aan die HERE eer en sterkte!
Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in die heilige sieraad!
Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters.
Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.
Die stem van die HERE breek seders; ja die HERE verbreek die seders van die Líbanon;
en Hy laat hulle opspring soos ʼn kalf, die Líbanon en Sirjon soos ʼn jong buffel.
Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit.
Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe.
Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!
Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja die HERE sit as Koning tot in ewigheid.
Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met verde.