Voeg by Psalms 14:1-7 en 15:1-5

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-07-25 16:15:46 +02:00
parent 0eb9ae26e1
commit 99830e58f1
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 13A7F6AB592EC5DA
2 changed files with 12 additions and 0 deletions

7
19/14 Normal file
View File

@ -0,0 +1,7 @@
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.
die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie? die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.
Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag.
Die raad van die ellendige - julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug.
Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.

5
19/15 Normal file
View File

@ -0,0 +1,5 @@
'n Psalm van Dawid. HERE wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?
Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie;
in wie se oe die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewegheid nie.