Voeg by Leviticus 14:18-24

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-15 15:55:54 +02:00 committed by Gitea
parent 41c9a57811
commit a094cd7e3d

7
3/14
View File

@ -15,3 +15,10 @@ En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet
Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet en die priester se linkerhand.
Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewemaal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En van die orige olie in sy hand is, moet die priester stryk aan die regter-oorlap van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-op die bloed van die skuldoffer.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesg van die HERE.
Die priester moet ook die sondoffer klaarmaak en vir hom gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.
En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, dan moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van 'n efa fynmeel met die olie gemeng as spysoffer, en 'n log olie;
ook twee totelduiwe of twee jongduiwe-wat hy kan bekostig; en die een sal wees 'n sondoffer en die ander 'n brandoffer.
Hy moet hulle dan op die agste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.