Voeg by Númeri 12:1-16

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2023-02-20 17:23:46 +02:00 committed by Gitea
parent 98e8fbf98c
commit a1f476a414
1 changed files with 16 additions and 0 deletions

16
4/12 Normal file
View File

@ -0,0 +1,16 @@
En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë dit Kusietiese vrou wat hy geneem het; want hy het ʼn Kusietiese vrou geneem.
En hulle het gesê: Het dee HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense wat op die aarde was.
Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.
En die HERE het in ʼn wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.
Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet een van die HERE is, sal Ek deur ʼn gesig My aan hom bekend maak, deur ʼn droom sal Ek met hom spreek.
So is dit met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.
Mond tot mond spreek Ek met hom; en deur die aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE, Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.
En toe die volk van die tent af weggetrek het, kyk toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en-sy was melaats.
Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, meneer, lê tog nie op ons die sonde nie al het ons dwaas gehandel en gesondig.
Laat sy tog nie wees soos ʼn dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, de helfte verteer is nie.
En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!
Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, so sy nie sewe dae dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna kan sy opgeneem word.
En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgeluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.
Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaa.