Voeg by Levitikus 18:1-11

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-20 15:18:46 +02:00 committed by Gitea
parent d781b6b272
commit b652ab4a3e

11
3/18 Normal file
View File

@ -0,0 +1,11 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God.
Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land van Kanaän waar Ek julle na toe bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettings nie wandel nie.
My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.
Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy deur hulle kan lewe. Ek is die HERE.
Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie.
Jy mag nie die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie: sy is jou moeder-jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.
Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore-hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie.
Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter-hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou skaamte.
Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is-sy is jou suster,haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.