Voeg by Levitikus 26:6-15

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-09-06 18:51:07 +02:00 committed by Gitea
parent 0c04637759
commit bbf38b8cd3

12
3/26
View File

@ -1,5 +1,15 @@
Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie, en 'n steen beeldhouwerk in julle land opsit om julle daar by neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ʼn gesnede beeld of ʼn klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie, en ʼn steen beeldhouwerk in julle land opsit om julle daar by neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
My sabbatte moet julle hou en my heiligedom ontsien. Ek is die HERE.
As julle in my isettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,
dan sal Ek julle reëns gee op hulle tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig en julle land woon.
Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrik maak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.
Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
En ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue moet uithaal vir die nuwe.
En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.
En Ek sla onder julle wandel en vir julle ʼn God wees, en jÚlle sal vir My ʼn volk wees.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;
en as julle my insettinge verwerp, en as julle sile van my verordeninge ʼn afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie, om my verbond te verbreek-