Voeg by Númeri 4:1-15

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-10-11 16:05:01 +02:00 committed by Gitea
parent af29df2823
commit ce75ef976e

15
4/4 Normal file
View File

@ -0,0 +1,15 @@
En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
Neem die volle getal van die seuns van Kohat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle famieles,
van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.
Dit sal die dienswerk van die seuns van Kohat by die tent van samekoms wees wees, naaamlik by die hoogheilige dinge.
By die opbreek van die laer, dan moet Aäron en sy seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.
En hulle moet ʼn dekkleed van robbevelle daarop sit en ʼn doek, heeltemal van pers stof, daarbo-oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
Hulle moet ook oor die toonbroodtafel ʼn pers doek uitsprei, en moet daarop sit die skottels en die rookpanne en die bekeres en die dankofferkanne; ook moet die altyd-blywende brood daarop wees.
Daarna moet hulle ʼn rooi doek daaroor uitsprei en dit met ʼn dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
Dan moet hulle ʼn pers doek neem en die kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle daarby diens doen.
En hulle moet dit met al sy gereedskap op ʼn dekkleed van robbevelle neerlê en dit op die draagbaar sit.
En oor die goue altaar moet hulle ʼn pers doek uitsprei en dit met ʼn dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.
Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op ʼn pers doek neerlê en met ʼn dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.
En hulle meot die as van die altaar verwyder en daar ʼn rooi doek oor uitsprei.
En hulle meot al sy gereedskap daarop sit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ʼn dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbrreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van alles wat daarby behoort, moet die seuns van Kohat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kohat moet dra van die tent van samekoms