Voeg by Levitikus 18:1-13

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-21 17:02:05 +02:00 committed by Gitea
parent 2d8207a139
commit f8a98a75a3

13
3/19 Normal file
View File

@ -0,0 +1,13 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die hele vergadering van die kinders vna Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig.
Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabatte hou. Ek is die HERE julle God.
Begeef julle nie na die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.
En as julle 'n dankoffer aan die HERE slag, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.
Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.
En as dit op die derde dag geëet word, sal dit 'n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.
En hy wat dit moet moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet die siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
En as julle die opbrings van julle land oes, dan moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaarmaak nie.
Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat val van jou wingerd, moet jy nie bymekaarmaak nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag nie die een die ander bedrieg nie.
En julle mag nie vals sweer by my naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.
Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag jy nie by jou tot die môre toe bly nie.