Voeg by Psalms 22:1-32

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-08-31 16:07:57 +02:00 committed by Gitea
parent 244e42274f
commit ff3bd241d4
1 changed files with 32 additions and 0 deletions

32
19/22 Normal file
View File

@ -0,0 +1,32 @@
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." ʼn Psalm van Dawid.
My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
My God, ek roep bedags, maar U antwoort nie; en snags, ne ek kan nie swyg nie.
Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
Hulle het U aangeroep en het ondvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
Maar ek is ʼn wurm en geen man nie, ʼn smaad van die mense en verag deur die volk.
Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my met vertroue vervul het aan my moederse borste.
Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ʼn leeu wat verskeur en brul.
Ek is uitgestort soos water; al my bene raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
My krag is verdroog soos ʼn potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
Want honde het my omsingel; ʼn bende van kwaaddoenders het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
Al my bene kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
Verlos my uit die bek van die leeu; en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van die Israel!
Want Hy het nie verag of verfoei die ellende van die ellendige en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
Van U kom my lof in ʼn groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
Die sagmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
Al die eindes van die aarde sal daaraan drink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies voor u aangesig aanbid.
Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.
Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel, en hy wat sy siel in die lewe nie kan hou nie.
ʼn Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.