Afrikaans-1933/4/1

55 lines
6.3 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek in die wosetyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eeerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egiptland uitgetrek het, en gesê:
Neem julle die volk getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;
van twintig jaaroud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron.
En met julle saam moet daar van elke stam ʼn man wees, ʼn man wat hoof is van sy famielies.
En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Elísur, die seun van Sedéür;
vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai;
vir Juda, Nagson die seun van Ammínadab;
vir Íssaskar: Netáneël, die seun van Suar;
vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon;
vir die kinders van Josef; vir Efraim: ELisáma, Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur;
vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideόni;
vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;
vir Aser: Págiël, die seun van Ogran;
vir Gad: Éljasaf, die seun van Déhuel;
vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.
Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes vna hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel.
Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was,
En hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,
soos die HERE Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai.
En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel-hulle nakomelinge was volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Ruben was ses en veertig duisend vyf honderd.
Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge was volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, sy geteldes, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Símeon was nege en vyftig duisend drie honderd.
Van die seuns van Gad, hulle nakomeling evolgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Gad was veertig duisend ses honderd en vyftig.
Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Juda was vier en sewentig duisend ses honderd.
Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier en vyftig duisend vier honderd.
Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewe-en-vyftig duisend vier honderd.
Van die seuns van Josef, van die seuns vna Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Efraim was veertig duisend vyf honderd.
Van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Manasse was twee en dertig duisend twee honderd.
Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf en dertig duisend vier honderd.
Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Dan was twee en sestig duisend sewe honderd.
Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Aser was een en veertig duisend vyf honderd.
Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle famielies, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek-
hulle geteldes van die stam van Náftali was drie en vyftig duisend vier honderd.
Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het: twaalf man was dit, elkeen vir sy famielies.
So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel oop kommando moet uittrek-
al die geteldes dan was seshonderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.
Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.
Want die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Net die stam van Levi moet jy nie tel nie, en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie;
maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en allles wat daarby behoort, en hulle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan.
En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete die oprig; en die onbevoegde wat naderkom, moet doodgemaak word.
En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.
Maar die Leviete moet laer opslan rondom die tabernakel van die Getuienis, sodat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die Getuienis waarneem.
En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.