En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die land Seϊr, die landstreek van Edom,
en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle vir my heer, vir Esau sê: So sê Jakob, u dienaar - ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;
en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.
En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vier honderd man saam met hom.
Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel;
want hy het gedink: As Esau op die een laer afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.
En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en jou famielie, en Ek sal aan jou goed doen -
ek is te gering vir al fie gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.
Reg my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders.
U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop apart, en vir sy dienaars gesê: Trek voor my uit en laat ʼn plek oop tussen trop en trop.
Daarop gee hy aan die eerste een bevel en sê: As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy? en waarheen gaan jy? en wie sʼn is die goed daar voor jou?
dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob syne. Dit is ʼn gesenk wat hy aan my heer Esau stuur; en hy self kom dadelik agter ons aan.
En hy het ook bevel gegee aan die twede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: Net so moet julle Esau antwoord as julle hom kry -
julle moet sê: Ook u dienaar Jakob, dadelik kom hy agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor my uit gaan, en daarna sy aangesig sien - miskien sal hy my in guns aaneem.
So het die geskenk dan voor hom uit gegaan, maar hy self het dié nag in die laer gebly.
En hy dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van Jabbok getrek:
hy het hulle geneem en hulle duer die rivier laat trek; ook laat deurtrek wat aan hom behoort het.
Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup.
Daarom eet die kinders van Iarael die heupséning wat aan die heupbeen is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die heupbeen, aan die heupséning geslaan het.