Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die kraans aan weerskante; jy moet dit aan die twee sykante maak. En julle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud.
Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ʼn voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.
En Aäron moet eenmaal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy eenmaal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word; sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ʼn halwe sikkel van die heiligdom-die sikkel is twintig gera-ʼn halwe sikkel as offergawe aan die HERE.
Die ryke moet nie meer en die arme nie moet nie minder as ʼn halwe sikkel bring nie as hulle die offergawe van die HERE gee om vir hulle siele versoening te doen.
Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir hulle siele versoening te doen.
As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ʼn vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
hulle moet dan hulle hande en voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ʼn ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle nageslagte.
En jý, neem vir jou die beste speserye: vyf honderd sikkels fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel, twee hondered en vyftig sikkels, en twee honderd en vyftig sikkels geurige kalmoes
Op geen ander mens se liggaam mag die uitgegiet word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie: heilig is dit; heilig moet dit vir julle wees.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgrom en naeltjies en galbanum-speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede;
en maak daar reukwerk van, ʼn mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig.
En vrywe ʼn gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ʼn deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms waar Ek met jou sal samekom; hoogheilig moet dit vir julle wees.