En hy wat dit moet moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet die siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
En as julle die opbrings van julle land oes, dan moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie bymekaarmaak nie.
Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat val van jou wingerd, moet jy nie bymekaarmaak nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag nie die een die ander bedrieg nie.
En julle mag nie vals sweer by my naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.
Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag jy nie by jou tot die môre toe bly nie.
Julle mag geen onreg doen doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees en vir die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy jou naaste oordeel.
Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ʼn kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
En as 'm man wat ʼn slavin is, vir ʼn ander man bestemd, sondar dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie doodgemaak word nie, want sy was nie vrygelaat nie.
En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms-ʼn ram van skuldoffer;
en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.
En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, dan moet julle hulle vrugteas hulle voorhuid beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle onbesnede wees; daar mag nie van geëet word nie.
Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.
Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.
Begeef julle nie na die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ʼn grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
En as ʼn vreemdeling by jou in julle land verotef, mag julle hom nie verdruk nie.
Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ʼn kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom lief hê soos jouself, want julle waws vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.