Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel.
En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente.
En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle gesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees.
En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou sê alles wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.
Maak ook ʼn tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ʼn el sy breedte, en ʼn el en ʼn half sy hoogte wees.
Maak ook ʼn kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees.
En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ʼn knop en ʼn blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ʼn knop en ʼn blom-so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
daar moet ʼn knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ʼn knop onder die twede paar arms wat daaruit uitgaan; en ʼn knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan-aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees-alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.