en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat genoem word Christus.
Al die geslagte van Abraham tot by Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese balingskap is veertien geslagte, en van die Babiloniese balingskap tot by Christus veertien geslagte.
Die geboorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder Maria verloof is met Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
En Josef haar man, omdat hy regverdeg was en ongewillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om haar in die geheim van haar te skei.
Maar terwyl hy dit in die gedagte het, verskyn daar ʼn engel van die HERE in ʼn droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat uit haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
en sy sal ʼn seun baar en jy moet Hom Jesus noem, want dit is hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.