en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat genoem word Christus.
Al die geslagte van Abraham tot by Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese balingskap is veertien geslagte, en van die Babiloniese balingskap tot by Christus veertien geslagte.
Die geboorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder Maria verloof is met Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.
En Josef haar man, omdat hy regverdeg was en ongewillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om haar in die geheim van haar te skei.
Maar terwyl hy dit in die gedagte het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat uit haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
en sy sal 'n seun baar en jy moet Hom Jesus noem, want dit is hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat die HERE deur sy profeet gespreek het:
Kyk, die maagd salswanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die HERE hom beveel heten sy vrou by hom geneem;
en hy het haar nie beken totdat sy haar eerste Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.