Afrikaans-1933/19/18

36 lines
3.1 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2022-08-04 17:07:36 +00:00
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyhande en uit die hand van Saul.
En hy het gesê: Ek het U hartlik lief, HERE, my sterkte.
Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
Ek roep die HERE aan wat lofwaardig is, en van my vyhande word ek verlos.
Bande van die dood het my omring, en strome van onheil het my oorval.
Bande van die doderyk was rodom my; strikke van die dood het my teëgekom.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
2022-08-08 16:52:49 +00:00
Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy toornig was.
Rook in sy neus het opgegaan, en ʼn vuur uit sy mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
En Hy het die hemel gebuig en neergedaal, en donkerheid was onder sy voete.
En Hy het op ʼn gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vlerke van die wind.
Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.
Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.
En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
En Hy het sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; ja sy bliksems in menigte en het hulle verwar.
En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek.
2022-08-12 17:25:48 +00:00
Hy het my verlos van my magtige vyhand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my.
Hulle het my teëgekom op die dag van my nood; maar die HERE was my steun.
En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het.
Die HERE het met my gehandel na my geregtigheid; Hy het my vergelde na die reinheid van my hande.
Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie;
want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.
Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.
By die goedhartige betoon U Uself goedhartig, by die opregte man, opreg,
by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
Want Ú verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is.
Want Ú laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar.
Want met U loop ek ʼn bende storm, en met my God spring ek oor ʼn muur.
Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouterd; Hy is ʼn skild vir almal wat by Hom skuil.
2022-08-18 16:07:52 +00:00
Want wie is God buiten die HERE? en wie is ʼn rots behalwe onse God?
God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
Hy maak my voete soos dié van herte, en laat my staan op my hoogtes.
Hy leer my hande om oorlog te maak, sodat my arms ʼn koperboog span.