En daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My kanʼn fees hou in die woestyn.
Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie sê stem ek moet luister om Israel te laat trek? ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver in die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer.
Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.
Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is reeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?
Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:
Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi bymekaarmaak.
Maar die hoeveelheid bakstene hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God.
Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leunagtige woorde let nie.
Toe het die drywers aan die volk en die opsigters uitgegaan en die volk aangespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.
En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywersoor hulle aangestel het, het slae met die woorde: Waarom het julle gister en vandag julle bepalde werk, om stene te maak volbring nie?
Daarom het die opsigters van die kinder van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?
Aan u dienaars word daar geen strooi gegee nie en hulle sê vir ons: Maak die bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.
Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.
Nou dan, loop werk! maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.
Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar was gesê: julle mag julle bakstene, volgens die eis van elke dag nie verminder nie.
E hulle het Moses en Aäron teëgekom-wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan-
en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordee, omdat julle ons gehaat gemaak het by Farao en by sy dienaars, sodat julle ʼn swaard in hulle hand gegee het om ons dood te maak.
Daarop antwoord die HERE Moses: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur ʼn sterke hand sal hy julle laat trek, ja deur ʼn sterke hand gedwing, sal hy julle uit sy land uitdrywe.