Voeg by Genesis 31:48-55

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-07-26 16:58:38 +02:00 committed by Gitea
parent db92f22e9d
commit a24ed8e17f

8
1/31
View File

@ -45,3 +45,11 @@ Kom dan nou, laat ons 'n verbond maak, ek en jy, dat dit 'n getuie tussen my en
Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.
En Jakob het vir sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en 'n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.
En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob het dit Gal-ed genoem.
Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag 'n getuie tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,
en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.
As jy my dogters mishandel, en as jy vroe neem by my dogters - 'n mens is nie by ons nie - kyk, God is getuie tussen my en jou.
Verder sê Laban vir Jakob: Dáar is dié hoop kippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het -
hierdie hoop klippe is getuie, en die gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek nie, en dat jý na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen sal verbytrek met slegte bedoelinge nie.
Die God van Abraham en die God van Nahor, die God van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by die Vrees van sy vader Isak.
Toe het Jakob 'n offer gebring op die gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die nag in die gebergte oorgebly.
En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy seuns en sy dogters gesoen en hulle geseëen. Daarna het Laban vertrek en teruggegaan na sy woonplek.