forked from getBible/Afrikaans-1933
Voeg by Psalms 33:1-22
This commit is contained in:
parent
638c19881b
commit
cdd4823992
22
19/33
Normal file
22
19/33
Normal file
@ -0,0 +1,22 @@
|
|||||||
|
o Regverdiges,juibel in die HERE! ʼn Loflied betaam die opregtes.
|
||||||
|
Loof die HERE met die siter; psalmsing Hom met die tiensnarige harp.
|
||||||
|
Sing Hom ʼn nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
|
||||||
|
Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.
|
||||||
|
Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.
|
||||||
|
Duer die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.
|
||||||
|
Hy versamel die waters van die see soos ʼn hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
|
||||||
|
Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
|
||||||
|
want Hý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.
|
||||||
|
Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.
|
||||||
|
Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.
|
||||||
|
Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
|
||||||
|
Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
|
||||||
|
Uit sy vaste woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,
|
||||||
|
Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
|
||||||
|
ʼn Koning word nie verlos deur ʼn groot leer, ʼn held nie gered deur grote krag nie.
|
||||||
|
Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.
|
||||||
|
Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;
|
||||||
|
om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
|
||||||
|
Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;
|
||||||
|
want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.
|
||||||
|
Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons net sό wees as ons op U wag!
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user