forked from getBible/Afrikaans-1933
Voeg by Psalms 10:1-18
This commit is contained in:
parent
f0a4905c60
commit
e8d7a1d260
18
19/10
Normal file
18
19/10
Normal file
@ -0,0 +1,18 @@
|
||||
o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?
|
||||
In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die lustige planne wat hulle uitgedink het!
|
||||
Want die goddelose juig oor die begeerte van van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.
|
||||
Die goddelose, met sy neus in die hoogte, ondersoek glad nie: daar is geen God nie, dit is al sy gedagtes!
|
||||
Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders - hy blaas op hulle.
|
||||
Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
|
||||
Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tog is moeite en onreg.
|
||||
Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.
|
||||
Hy loer in die skuilhoek soos 'n leeu in sy lêplek; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;
|
||||
hy verbrysel hom. Hy duik weg, en die ongelukkiges val in sy mag.
|
||||
Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; Hy sien dit vir ewig nie.
|
||||
Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!
|
||||
Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?
|
||||
U het dit gesien; want U aanskou die moete en verdriet, sodat 'n mens dit in u hand sal gee. Aan u gee die ongelukige dit oor; Ú was 'n helper van die wees.
|
||||
Verbreek die arm van die goddelose en slegte; soek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!
|
||||
Die HERE is koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.
|
||||
HERE, U het die begeertes van die sagmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister
|
||||
om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
|
Loading…
Reference in New Issue
Block a user