forked from getBible/Afrikaans-1933
Hantie
4b1fb5f421
Wysig - ( 'n) na (ʼn) soos in die woordelys in vers 7 Wysig - ( 'n) na (ʼn) soos in die woordelys in vers 10 Wysig - ( 'n) na (ʼn) soos in die woordelys in vers 14 Wysig - voeg in ʼn (?) aan die einde van vers 14
14 lines
1.1 KiB
Plaintext
14 lines
1.1 KiB
Plaintext
Maar Job het geantwoord en gesê:
|
|
Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
|
|
Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
|
|
Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
|
|
Die skimme is beangs onder die waters en die bewoners daarvan.
|
|
Nakend lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie -
|
|
voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ʼn niks;
|
|
wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
|
|
wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
|
|
Hy het ʼn kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
|
|
Die pilare van die hemel wankel en staan verstomd weens sy dreiging.
|
|
Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
|
|
Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
|
|
Kyk, dit is maar die omtrekke van sy weë, en wat ʼn fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan? |