Voeg by Job 36:16-33

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-17 15:48:29 +02:00 committed by Gitea
parent aabfac233c
commit 06882f6149
1 changed files with 18 additions and 0 deletions

18
18/36
View File

@ -13,3 +13,21 @@ Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas d
Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.
So lok Hy u dan ook uit die mond van die nood na 'n onbeperke ruimte, en na die behaaglikheid van u tafel wat vol is van vetspyse.
Maar u is vol van die oordeel oor die goddelose: oordeel en strafgerig hou u vas.
Want pas op dat woede u nie verlok by die bestraffing en die grootheid van die losprys u nie verlei nie.
Sal Hy u geroep om hulp voorbring waar daar geen nood is nie, en alle moontlike kragsinspanning van u?
Smag nie na die oordeelsnag wat volke wegneem uit hulle plek nie.
Neem u in ag, wend u nie na ongeregtigheid nie; want dit verkies u liewer as ellende.
Kyk, God handel verhewe in sy krag; wie is 'n leermeester soos Hy?
Wie het Hom sy weg voorgeskrywe? En wie het gesê: U het onreg gedoen?
Dink daaraan dat u sy werk moet verheerlik waar die mense van sing.
Al die mense siendit met welgevalle aan, die sterfling aanskou dit van ver.
Kyk, God is groot en onbegryplik vir ons; die getal van sy jare is onnaspeurlik.
Want Hy trek waterdruppels nader; hulle sif by die mistige weer as reën
wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.
Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?
Kyk, Hy sprei sy lig oor Hom uit, en die dieptes van die see oordek Hy.
Want daarmee oordeel Hy die volke, gee Hy voedsel in oorvloed.
Altwee sy hande oordek Hy met weerlig en gee daaraan bevel teen die aanvaller.
Sy donderstem kondig Hom aan, die vee selfs dat Hy optrek.