Voeg by Job 23

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 18:23:19 +02:00
parent 507cd38c9f
commit 110ccbcaa7
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 17 additions and 0 deletions

17
18/23 Normal file
View File

@ -0,0 +1,17 @@
Maar Job het geantwoort en gesê:
Nog altyd is my geklaag wederstrewighied; my hand le swaar op my gesug.
Ag, as ek maar wis waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!
Dan sou ek die regsaak voor Hom uiteensit en my mond met bewyse vul;
ek sou weet die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy vir my sou sê.
Sou hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hý sou ag op my gee.
Dan sou ek daar ʼn opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.
Maar ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek hom nie.
Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets dan sal ek soos goud tevoorskyn kom.
Aan sy voetstap het hy my voet vasgehou; sy wag het ek bewaar sonder om uit te draai.
Van die gebot van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die worde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wed.
Maar Hy bly Een - wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.
Want Hy sal volbring wat oor my beslut is, en baie sulke dinge is daar by Hom.
Daarom is ek virskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, dan vrees ek vir Hom.
En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.
Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerhied oordek is nie.