Voeg by Job 22

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 18:20:55 +02:00
parent 81982597e5
commit 2a3c5622e3
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 30 additions and 0 deletions

30
18/22 Normal file
View File

@ -0,0 +1,30 @@
Toe het Élifas die Temaniet, geantwoord en gesê:
Kan ʼn man aan God ʼn diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige ʼn diens.
Het die Almagtige daar belang by dat Hy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat hy onberispelik wandel?
Is dit oor jou Godsvrees dat hy jou bestraf, dat Hy met jou in die gereg gaan?
Is jou boosheid nie groot nie groot en jou ongeregtighede sonder end nie?
Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.
Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan hongerige het hy die brood onthou.
Maar aan die man van geweld - aan hom behoort die land; en die aansienlike - hy moet daarin woon!
Weduwees het jy met leë hande wegestuur, en die arms van die wese is verbrysel.
Daarom is daar vagnette rondom jou en maak die vrees jou skielik verskrik.
Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?
Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
Maar jy sê: wat weet God? Kan hy deur donkerheid heen strafgerig hou?
Wolke is ʼn bedekkig vir hom sodat hy nie sien nie; en oor die hemel geweef vandel Hy.
Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het?
Wat gegryp is voor die tyd, wie wie se grondslag uitgegiet is soos ʼn stroom.
Wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aan doen?
En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gisindheid van die goddelose is ver van my!)
Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:
Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.
Maak tog vriende met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.
Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.
As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jt gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.
En gooi die goud in die stof en tussen die rotse van die spruite van die goud van Ofir.
Dan sal die Almagtige jou goud stikke wees en stawe silwer vir jou.
Want dan sal jy jou in die Almagtige verlustig en jou aangesig tot God ophef.
Jy sal Hom bid, en Hy sal jou verhoor; eh jy sal jou geloftes betaal.
Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ʼn lig.
As jy die afdrand loop, dan se jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is verlos Hy.
Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja word gered deur die reinheid van jou hande.