Voeg by Levitikus 18:24-30

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2022-07-21 16:42:37 +02:00 committed by Gitea
parent 08ad6ea2b4
commit 2d8207a139

7
3/18
View File

@ -21,3 +21,10 @@ En jy mag geen vleeslike gemeeskap hê met jou naaster se vrou hê om jou daarde
En van jou kinders mag jy nie gee om vir Moleg deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Met 'n manspersoon mag jy ook gemeenskap hê soos 'n mans met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel.
En jy mag met geen dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging.
Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie ding is die heidine verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.
So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspeeug.
Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie-die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef nie.
Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.
Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nase uitgespuug hetwat daar voor julle was.
Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen-die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.
Daarom moet julle my ordeninge inderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.