Voeg by Job 10

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:32:32 +02:00
parent f309fb55de
commit 395cdba6ac
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
18/10 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.
Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.
Is dit veroordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp terwyl U oor die planne van die goddelose ig laat skyn?
Het U vleeslike oë? Of sien U sooos ʼn mens sien?
Is u dae soos die dae van ʼn mens? Of u yare soos die dae van ʼn man?
dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde;
ofskoon U weet datek nie skuldig is nie en daar niemand is vat uit u hand kan red nie?
U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en wil U my vernietig?
Bedink tog dat U my soos klie gevorm het, en wil U my tot stok laat terugkeer?
Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?
Met vel en vlees het U my beklee, en met bene en senings het U my deurvleg.
Die lewe - ja guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.
Maar daarby het U dit verberg in u hart, ek weet dat dit u toeleg was:
As ek so sondig, dan sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.
Was ek skuldig - wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kan ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.
En as my hoof hom ophef, sou U myjaag soos ʼn leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.
U sou altyd nuwe getuie teen my bring en grimmigheid teen my vermeerder - altyd nuwe leërafdelings teen my!
Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ʼn oog my gesien het.
Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.
Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ʼn bietjie vrolik kan wees;
vordat ek heengaan - en nie terugkom nie - na die land van duisternis en doodskaguwee,
ʼn land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee ʼn skynsel - soos middernag!