Voeg by Job 2

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:10:00 +02:00
parent 2f858bc723
commit 3aa1022e15
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 13 additions and 0 deletions

13
18/2 Normal file
View File

@ -0,0 +1,13 @@
En op ʼn dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die Here te stel.
Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van ʼn swerftog oor die aarde wat ek deurkruis het.
En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? want daar is niemand op aarde soos hy nie: ʼn man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid alhoewel jy my teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
Toe antwoord die Satan die Here en sê: Huid vir Huid, en en alles vat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en vlees aan - waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
En die Here sê vir die Satan: Kyk alles wat hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
En die satan het wegegaam van die aangesig Here, en hy het Job met bose swere, van sy voetsool tot sy skedel.
En hy het vir hom ʼn potskerf geneem om hom daarmee te krap terwyl hy in die as sit.
Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomhied? Seën God, en sterf!
Maar hy aantvoord haar: Jy praat soos ʼn dwaas! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak bymekaargekom om hom hul deelnemimg te betuig en hom te troos.
En toe hulle op ʼn afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.
En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand ʼn woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.