Voeg by Exodus 31

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-10-07 15:38:25 +02:00
parent 4b84524dbc
commit 42351ef39a
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 18 additions and 0 deletions

18
2/31 Normal file
View File

@ -0,0 +1,18 @@
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Kyk, Ek het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
om kunstige planne uit te dink om dit uit te voer in goud en silwer rn koper,
en deur snywerk instene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
En kyk, Ek het Ohόliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak:
die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar.
ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
en die kunstige klere en die heilge klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;
ook di salf-olie en die reukwerk van die speserye vir die heiligdom-net soos EK jou beveel het, moet julle dit maak.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek jý met die kinders van Israel en sê: julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, watn dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit onheilig, moet sekerlik doodgemaak word; want almal wat daarop werk doen, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbat werk doen, moet sekerlik doodgemaak word.
En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou om die sabbat te vier in hulle geslagte as'n ewige verbond.
Tussen my en die kinders van Israel is dit 'n ewige teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verwik.
En Hy het aan Moses, toe Hy met hom klaar gepreek het op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.