Voeg by Exodus 18

This commit is contained in:
Eunice van der Merwe 2021-09-25 17:42:39 +02:00
parent 1f235f36a4
commit 4b54aabb52
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 6E9AD19332134AD8
1 changed files with 27 additions and 0 deletions

27
2/18 Normal file
View File

@ -0,0 +1,27 @@
Toe Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk van Israel gedoen het-dat die HERE Israel uit Egipte uit gelei het-
het Jetro, Moses se skoonvader, Sippόra, die vrou van Moses, geneem-nadat hy haar teruggestuur het-
en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling geword in 'n vreemde land;
en die naam van die ander was Eliëser; want, hy het gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
En Jetro, Moses se skoonvader, het met sy seuns en sy vrou na Moses gekom in die woestyn waar hy by die berg van God met die laer gestaan het.
En hy het Moses laat weet: Ek, jou skoonvader Jetro, kom na jou toe met jou vrou en twee seuns saam met haar.
Daarop gaan Moses uit sy vader tegemoet, en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in die tent ingegaan.
Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en die Egiptenaars, terwille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.
En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.
Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle ferlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao; wat die volk onder die hand van die Egiptenaars verlos het.
Nou weet ek dat die HERE groter is as alle gode, naamlik in die saak waarin julle vermetel was teen hulle.
Daarop het Jetro, Moses se skoonvader, 'n brandoffer en slagoffers geneem tot eer van die HERE. En Aäron en al die oudstes van Israel het gekom om saam met Moses se skoonvader brood te eet voor die aangesig van God.
En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.
En toe Moses se skoonvader sien alles wat hy vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
En Moses aantwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my toe kom om God te raadpleeg.
As hulle 'n saak het, kom hulle na my; en dan moet ek regspreek tussen hulle, en die insettinge van God en sy wette bekend maak.
Maar Moses se skoonvader sê vir hom: Die ding wat jy doen, is nie goed nie.
Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as hierdie volk wat by jou is. Want hierdie saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie alleen doen nie.
Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en God sal met jou wees: Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die volk by God en bring jý die sake voor God,
en verklaar vir julle die insettinge en die wette, en maak hulle die weg bekend waarop hulle moet gaan, en die werk wat hulle moet doen.
Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;
en laat hulel vir die volk voortdurend regspreek: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle saam met jou dra.
As jy dit doen, en God dit jou beveel, dan kan jy dit uithou, en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.
Moses het toe geluister na sy skoonvader en alles gedoen waat hy gesê het-
Moses het bekwame manne uit die hele Israel gekies en hulle as owerstes oor die volk aangestel, owerstes oor duisend, owerstes oor honderd,owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
En hulle het die volk voortdurend reggespreek: die moeilike sake het hulle na Moses gebring, maar in al die klein sake self reggespreek.
Toe het Moses sy skoonvader laat gaan, en hy het na sy land getrek.