Voeg by Job 17

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:42:43 +02:00
parent 61e9796fe0
commit 5310dd6460
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 16 additions and 0 deletions

16
18/17 Normal file
View File

@ -0,0 +1,16 @@
My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag vir my.
Waarlik bespottinge is my deel, en op hulle gewis moet my oog rus.
Gee tog ʼn pand, staan borg vir my by U; wie anders sal my die handslag gee?
Want U het húlle hard geslut vir verstand daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.
Hy wat vriende aanklaag vir ʼn buitaandeel - die oë van sy kinders sal versmag.
Maar Hy het my ʼn spreekwoord vir die mense gemaak, en ek het een geword wat hulle in die gesig spuug.
Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos ʼn skaduwee.
Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand.
Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! ʼn Wyse vind ek onder julle tog nie.
My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart.
Van die nag maak hulle ʼn dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisernis.
As ek hoop, is die doderyk my huis; in die duisternis sprei ek my bed uit.
Die grafkuil roep ek toe: My vader is jy; die wurms: My moeder en suster.
En waar is dan die verwagting, ja my verwagting, wie ondek dit?
Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, waneer daar tegelykertyd rus is in die stof.